PASTOOR SE BOS
So jy’s nou los?
Wat van die brandende bos?
Wat van die vroë dae,
en wat dit steeds ander kos?
Wat van die donker weke?
Die bydraes van die leke?
Die doringtakke wat
vasbyt aan die spreuke.
En wie’s jy nou?
En waar’s jou blare?
Die blare wat beskerm,
teen vyand’s gevare.
Waars jou wysheid heen?
Beworteling wat jou steun?
Wortels wat ander dra,
wat nie meer jou gewissein pla.
En wat nou van die mense?
Die blomme en hul wense?
Die blomme wat stadig val,
wanneer herfs die bos aanval.
Hoe kan jy die koeltes verlaat?
Die donker kuil waarin jy baat?
Die donker kuil wat jou versmoor,
wat heersend, brandend, harte toor.
2025©F.J. Du Plessis


